Tuesday, August 18, 2009

VTM befonds Sodom en Gomorra???

In 17 Augustus 2009 se uitgawe van Beeld op Bl. 2......................





Vir meer agtergrond oor UP & OUT:


Tydens 'n bemarkingsdag vir organisasies op Tuks hoofkampus:





UP & OUT op die graffiti muur:





So moet ons kennis neem dat die erwe van ons vaders nou misbruik word om Sodom en Gomorra te befonds?

Ons gaan voorlopig nie meer hieroor uitbrei nie.

U sal waarskynlik later opvolg nuus rondom hierdie walglike gebeure ontvang.

Om hierdie bespotting en vertrapping van ons erfenis te aanvaar word egter nie deur die PVJ oorweeg nie.

Mag dit ook die geval wees met elkeen wat hom/haarself 'n Afrikaner noem.

Sunday, August 2, 2009

De la Rey, gaan ons ly ???


Die Pretoria Verkennersjeug het uit konfidensiële kampuskringe van Tukkies verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daarom. Dit handel oor die aanstel van die nuwe rektor dr. Cheryl de la Rey.

Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie, inteendeel, dit blyk dat daar rede bestaan om bekommerd te wees ondermeer oor wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eers van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.

Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.



Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.





Die volgende dag, is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.



Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstel van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Callie Pistorius.

Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na dr. Cheryl de la Rey.

Thursday, July 23, 2009

AWB was better than ANC


‘n Foto met ‘n ongehoorde stelling is besig om die rondte te doen. Dit toon ‘n groep betogende swartes wat hul misnoeë met die huidige bewind in geen onduidelike terme te kenne gee nie.

Met erkenning aan mnr. Dan Roodt

http://roodt.org/?p=37

Monday, July 20, 2009

Mites oor Madiba

Die afgelope naweek het dit weer gegons oor die "wonderlike" Madiba en sy 91ste verjaardag.

Mooi, misleidende woorde soos: "Versoening", "Vrede", "Nasiebou", "Nie-rassig", "Demokrasie" en verskeie ander is dikwels gehoor.

In sulke tye waar mens behoorlik oorspoel word deur die vloedgolf van wanpropaganda is dit noodsaaklik om op 'n paar onbetwisbare feite te let om net weer te onthou wie en wat Nelson Mandela regtig is.

Ons hoef nie iets te skryf oor die volgende nie:


http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/2009/07/birthday-tribute-nelson-mandela-photo.html



Dit is nodig om kennis te neem dat Mandela een van die stigterslede en leiers van MK (Umkhonto we Sizwe), die militêre vleuel van die ANC, was.



http://en.wikipedia.org/wiki/Umkhonto_we_Sizwe



Let daarop dat die stingting op 16 Desember 1961 was. Om dit alles te kroon het hulle sommer met terreur afgeskop of soos hulle dit stel: “carried out planned attacks against government installations”



http://www.anc.org.za/ancdocs/history/manifesto-mk.html



of is dit tereur teen die vyand wat veronderstel is om op daardie dag die Bloedrivier Gelofte van 1838 te gedenk? Zuma se leierskapsoorname was ook op ‘n 16 Desember in "Polokwane". Is dit ‘n boodskap aan ons? Dan bestaan daar nog die vermeutelheid onder sekeres om te praat van Versoeningsdag?



Die “wonderlike” Madiba sê oor die sluipmoord op Chris Hani die volgende:

“The assassination of Chris Hani is a heinous crime against not only his person and his family, but also against the people of our country as a whole.

Those responsible for this terrible deed are demented enemies of justice, democracy and peace in our country.

It is the responsibility of the entire nation to find them and ensure that they are brought before the courts of the land to answer for this indescribable act of barbarism.”

Wie is hy om te praat van barbarisme? Waar is die moordenaars van die duisende blankes sedert 1994, toe die kastige “vrede” begin het?

“During his very last days, he has been at the forefront of the campaign to end violence in the country and to encourage a spirit of tolerance among all our people and their political organisations.

He is a martyr to the cause of justice and peace.”

Is dit hoe hul verdraagsaamheid, geregtigheid en vrede lyk?

http://censorbugbear-reports.blogspot.com/search/label/picture%20page%20Afrikaner%20crime%20victims%202008%2F9

http://www.plaasmoorde.com/

Is dit ook barbaars? Of is dit hoe hulle nasiebou en versoen?

Is opswepery soos die volgende bevorderlik vir ‘n “wonderlike nuwe Suid-Afrika”

“Over 300 years ago the white invaders began a ceaseless war of aggression against us, murdered our forefathers, stole our land and enslaved our people.

Today they still rule by force. They murder our people. They still enslave us.

Only by meeting force with force can we win back our motherland.

We have tried every way to reason with the white supremacists. For many years our leaders and organizations sent petitions and deputations to Cape Town and Pretoria, even overseas, to London and the United Nations in New York. We organized mass demonstrations, pass-burnings, peaceful stay-at-homes.

What answer was given by the government?

Strikers and demonstrators were shot in cold blood. New acts of oppression and injustice were heaped upon us. Our leaders and spokesmen were banned, gagged, jailed, banished--even murdered. Our organization, the African National Congress, was outlawed. Our meetings, journals and leaflets were prohibited.”

http://www.wsu.edu/~wldciv/world_civ_reader/world_civ_reader_2/umkhonto.html



Volg gerus die volgende skakel vir klankbane rakende Mandela:

http://www.4shared.com/dir/17919074/a6304bad/Mites_oor_Madiba.html

Baie dankie aan Radio Pretoria vir hierdie uitsendings.

http://www.radiopretoria.co.za/

‘n Insiggewende mediaverklaring van die HNP word ook aangeheg. Dit gee meer perspektief oor wat die sogenaamde “struggle” eintlik was.



Van hierdie inligting mag ‘n mens kwaad en moedeloos maak. Dit moet ons egter eerder herinner aan iets, by name ons vryheidstrewe. Laat ons dan met hernude krag streef na vryheid en selfregering in ons eie grondgebied!

Thursday, June 25, 2009

VUURWAPENWET: DEEL VAN KRUIPENDE ONTEIENING EN INTIMIDASIE TEEN WETSGEHOORSAME BURGERS?

PERSVERKLARING
TLU - SA NOORD - PIETERSBURG STREEKKANTOOR
TEL: 015 – 297 3749 / FAKS: 0866 180 781 / E-POS: marie@ntlu.co.za
DATUM: 22 JUNIE 2009
..........................................................................................................................................
VUURWAPENWET: DEEL VAN KRUIPENDE ONTEIENING EN INTIMIDASIE TEEN WETSGEHOORSAME BURGERS?

Mnr. Jan Viljoen, voorsitter van TLU SA Noord, het groot besordheid uitgespreek oor die verwikkelinge wat spruit uit heraansoeke vir vuurwapenlisensies. Daar is letterlik ‘n ontploffing van dagvaardigings uitgereik deur die SAPD en selfs enkele arrestasies het in die Noordstreek voorgekom nadat aansoekers nie tydig volgens hul verjaardag kwartale aansoek gedoen het om hernuwing van hul bestaande, wettige vuurwapenlisensies nie.

WETTIGE VUURWAPENLISENSIES
Mnr. Japie Spanio, voorsitter van die Veiligheidskomitee van TLU SA Noord, het gesê dat dit belangrik om te onthou dat hier gepraat word van persone wat in besit is van ‘n wettige vuurwapenlisensie. Dit is nie kriminele wat onwettig vuurwapens gesteel het of besit nie. Dit is wetsgehoorsame burgers wat deur ‘n wet gekriminaliseer word. Daardie persone gaan op 1 Julie 2009 as kriminele gebrandmerk word SONDER dat daardie persone enigsins ‘n kriminele daad gepleeg het.

KRUIPENDE ONTEIENING
Mnr. Spanio het gesê dat die vuurwapen eienaars waarvan hier gepraat word, nie die vuurwapens gesteel het nie, maar dit wettig gekoop en gelisensieer het. Elkeen van die eienaars besit ‘n wettige vuurwapenlisensie wat deur die huidige regering in ‘n administratiewe proses van kruipende onteiening van wettige eienaars vervreem word. Die feit dat die SAPD weier om eienaars te vergoed vir wapens wat vernietig is of vervreem word deur die wet, kom neer op ‘n gruwelike skending van die bepalings in die handves van Menseregte in Hoofstuk 2 van die Grondwet. Dit is blatante onteiening sonder vergoeding en ‘n bevestiging van die feit dat politici en amptenary hulself verhewe ag bo gewone landsburgers deur wette daar te stel wat nie die belange van die burgery dien of die burgers se besware oor die implementering daarvan wil aanhoor nie.nie.

LAAT INDIEN VAN AANSOEK OM REEDS WETTIGE LISENSIE TE VERVANG TEEN GEWELDIGE KOSTE VIR WETSGEHOORSAME BURGERS
Arm mense en persone wat dit nie kan bekostig om aan die geweldige duur proses deel te neem nie, word nou blatant deur ‘n administratiewe proses benadeel en ontwapen. Dan moet die volgende in aanmerking geneem word t.o.v. die heraansoeke vir alreeds wettige vuurwapenlisensies:
a. Almal ongeag vorige ondervinding van vuurwapens moes ten duurste hul laat heroplei om bevoeg te wees.
b. Al die jagters moes aansluit by jagtersverenigings om hul vuurwapens, indien meer as 4 te kan behou. Toegewyde jagters benodig vir elke tipiese jaggeleentheid en wildsoort ’n doelgerigte vuurwapen van die regte kaliber. Daar word elke jaar groot uitgawes aangegaan om jaargelde te betaal en voorgeskrewe aktiwiteite by te woon ten einde toegewyde jagterstatus te kan behou.
c. Kostes t.o.v. vuurwapen Lisensies en stappe
Bevoegdheidskursus en sertifikaat R500.00; Bosveld jagters kursus R550.00; Toegewyde jagter status R200.00; Aansoek om bevoegdheid R70,00; Aansoek vuurwapen lisensie per wapen SAPD R70.00; Aansoek vir nuwe wapens per wapen SAPD R140.00; Jaarlikse jagtersvereniging ledegelde R500.00.
Die volgende kostes is nog nie verreken nie, nl. tyd, fotokopie, hernuwing elke 5 of 10 jaar, ammunisie, brandstof, neem van foto’s vir elke aansoek ens. Dus het dit ’n duur en tydrowende proses geword om lisensies te hernu sonder sekerheid dat dit wel toegestaan sal word.

Die jagbedryf is ‘n groot bron van werkskepping in die Limpopo provinsie en dit bring baie kapitaal van buite ons grense in. Waarom al die onnodige inkorting van bedrywighede om ‘n bedryf te kniehalter wat soveel ekonomiese aktiwiteite tot gevolg het en sodoende ‘n groot positiewe ekonomiese impak op die plattelandse gebiede het?

STAAT SELF ONBEKWAAM
Mnr. Spanio het gevra of die SAPD lede, die Minister van Veiligheid, Direkteur Bothma of die regering ook gekriminaliseer gaan word omdat sommige vuurwapeneienaars reeds drie jaar gelede aansoek gedoen het vir die sogenaamde hernuwing van wettige vuurwapenlisensies, maar NOG STEEDS NIKS van die SAPD gehoor het nie? Die Staat is in ‘n sosiale kontrak met die burgery. Dit vloei logies daaruit dat indien die kontrak verbreek word, soos wat deur die SAPD gedoen word deur burgers te kriminaliseer terwyl die SAPD self nie hulle deel van die kontrak nakom nie, dan sal daar weer na die kontrak gekyk moet word.

ONDERSTEUN ANDER ORGANISASIES
Mnr. Spanio het gesê dat TLU SA Noord, namens georganiseerde landbou, ander organisasies sal steun wat die drakoniese, duur en ongrondwetlike wetgewing beveg.

PRESIDENT KRIMINALISEER WETSGEHOORSAME BURGERS
Mnr. Japie Spanio het gesê dat mense, wat in vrede en harmonie wil leef en nog nooit misdaad gepleeg het nie, bloot deur die handtekening van ’n minister en die staatspresident na 1 Julie 2009 KRIMINELE word en in die tronk kan beland omdat hul eiendom besit wat hulle wettig bekom het.

DIREKTEUR BOTHMA – HOEKOM VANG JY NIE LIEWER KRIMINELE NIE?
Mnr. Spanio het sy verbasing uitgespreek oor Direkteur Bothma se verstommende arrogansie, aggressie en buitengewone onprofessionele gedrag. Hy het gesê dat die misdaad in Suid Afrika dramaties sal daal indien die agbare Direkteur dieselfde energie sou spandeer om gewelddadige kriminele, moordenaars en verkragters aan te keer in stede daarvan om wetsgehoorsame burgers wat belasting betaal, en by implikasie sy salaris, te kriminaliseer en te vervolg. SAPD lede kla dat waardevolle tyd spandeer word aan die uitreiking van dagvaardigings wat hulle verhoed om hulle werk te doen en die publiek veilig te hou.

DIREKTEUR BOTHMA – VERANTWOORDELIK GEHOU VIR PLAASAANVALLE?
Mnr. Spanio het gevra of Direkteur Bothma verantwoordelikheid sal neem indien ‘n persoon ‘n vuurwapen moet inhandig agv die drakoniese wetgewing en daarna wreedaardig deur plaasaanvallers vermoor en vermink word? Hy het gesê die regering behoort liewer te probeer om wetsgehoorsame burgers te bewapen sodat die geweldige ontploffing van misdaad in Suid Afrika na 1994, hokgeslaan kan word. Dit is tog ‘n duidelik bewys dat die SAPD nie kan nie of nie die wil het om misdaad suksesvol te bekamp nie.

SAPD MAAK GELD SOOS BOSSIES?
Mnr. Spanio het sy kommer uitgespreek nav gerugte wat die rondte doen dat die SAPD 150 Euros ontvang vir elke vuurwapen wat vernietig word. Waar sou die geld heen gaan? Meer nog, watter instansie of land sal hul skuldig maak aan die ontwapening van wetsgehoorsame burgers in ‘n land wat as een van die mees gewelddadigste in die wêreld gesien word?

Mnr. Jan Viljoen het gesê die wet en veral die huidige optrede van sekere SAPD lede is kwaadwillig en skend basiese menseregte. Hy het gesê dat TLU SA Noord besig is met aksies om lede van georganiseerde landbou asook ander lede van die publiek te beskerm teen kwaadwillige en onregmatige optrede van die SAPD.





....................................................................................
Mnr. Dries Joubert
Voorsitter: Kommunikasie

Friday, June 19, 2009

Skep vir jou 'n toekoms

Die volgende insiggewende stuk is deur meneer Ben Geldenhuys, sekretaris van die
Verkenners Beweging van Suid-Afrika geskryf:

Lees dit gerus en hou ons volk se geld in ons volk se sak.
Doen ook mee aan die behoud en uitbou van dit wat nie met geld gekoop kan word nie!!!

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skep vir jou 'n toekoms!

Die Afrikaner moet besef in 1994 het hy alles verloor wat hy eens opgebou
het in Suid-Afrika. Tans is talle daarvan vervalle of verwoes en dit wat oor
is, se naam word verander of verengels, net om die Afrikaner tot die besef
te bring dit behoort nie meer aan hom nie.

So is dit ook met die Universiteite en staatskole. Dit behoort aan die staat
en die staat word deur die ANC regime beheer. Hierdie regime het ten doel om
'n revolusie te laat plaasvind en die Afrikaner en sy strukture pas nie in
by hierdie beplanning nie. Dit is sinneloos om hierdie revolusie te probeer
keer, alle pogings om dit te probeer keer, stel slegs die kwade dag uit. Hierdie
energie kan beter aangewend word.

As die Afrikaner wil oorleef in die Nuwe Suid-Afrika, sal hy vir homself sy
eie toekoms moet skep. Sy eie strukture daar moet stel wat hy self beheer.

Voorbeelde hiervan bestaan reeds. Toe die SAUK die ANCBC geword het, is
Radio Pretoria geskep. Vandag is Radio Pretoria ‘n baken van hoop en ‘n
toonbeeld van ‘n volk se wil om te oorleef in die donkerste van kontinente.
Dieselfde geld vir die skoolstelsel. Daar was gelukkig mense met visie, wat
15 jaar gelede reeds besef het dat die ANC regime se doel is om alle
Afrikaanse skole te verengels en die skole te gebruik om hulle revolusionere
propaganda te versprei. Daarom het hierdie visionere die BCVO gestig en
hieruit is gebore die onafhanklike Afrikaanse eksamenraad. Vandag word daar
twee Afrikaanse matrieksertifikate in Suid-Afrika erken. Die van die staat
en die van die OAE. Universiteite aanvaar die OAE se matrieksertifikaat met
ope arms, oor die standaard van die staat se matrieksertifikaat is daar
talle vrae. Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike Afrikaanse
universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte wereld standaarde.
Hierdie droom is baie naby daaraan om ‘n realiteit te word!

Hierdie strukture kos egter geld, daarom is dit belangrik om ‘n eie ekonomie
binne die ekonomie te skep. Die eerste stappe in hierdie verband is reeds
geneem met ‘n eie bank wat gestig is. So ook eie sakekamers, wat van krag
tot krag groei ten spyte van die moeilike ekonomiese toestand waarin die
land verkeer.

Laat die regime dus voortgaan met sy swart ekonomiese bevoordeling, om dit
te probeer stop is sinneloos. Om dit te ondersteun is net so sinneloos, want
alhoewel dit mag voorkom of net die pinkie nou gevra word, sal die hele hand
uit eiendelik gegryp word.

Die Afrikaner is besig met sy eie ekonomiese bemagtiging. Uit hierdie
ekonomie sal die Afrikaner weer sy eie strukture daar stel. Strukture wat hy
self sal beheer en wat nie afgetrek sal word na ‘n Afrika standaard toe nie.
Hierdie strukture word op ‘n eerste-wereld standaard gehandhaaf, soos
waaraan die Afrikaner gewoond is en waarmee die Afrikaner gemaklik voel.

‘n Uitdaging waarmee die Afrikaner ook sit, is dat niemand ‘n mandaat het om
namens hom op te tree of na sy belange om te sien nie. Daarom is ek
opgewonde oor die proses wat die VVK begin het. ‘n Proses waar daar ‘n
demokratiese raad verkies gaan word wat ‘n mandaat sal besit om namens die
Afrikaner op te tree en na sy belange om te sien.

Dit is egter tyd dat elkeen hand in eie boesem steek. Dat die strukture wat
reeds geskep is ondersteun word en dat daar ‘n toekoms verseker word vir ons
en die wat na ons as Afrikaners gebore word in hierdie land.

-----------------------------------------------------------
Radio Pretoria
http://www.radiopretoria.co.za/

Oranjekas
http://www.oranjekas.co.za/
http://www.facebook.com/group.php?gid=71994423826

Volksraad Verkiesing Kommissie
http://www.vvk.co.za/
http://www.facebook.com/group.php?gid=71994423826#/group.php?gid=48129031422

BCVO
http://www.bcvo.co.za/

Saturday, May 23, 2009

Volkskultuurfees te Paardekraal 30 Mei 2009



Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop nie.

Daar gaan vermaak vir die hele gesin aangebied word. Daar sal ook volop kos stalletjies vir die honger mense wees. 'n Springkasteel word vir die kinders voorsie..
Die Pa's en hulle seuns kan wedywer by die skyfskiet stalletjie. Daar is GROOT pryse op die spel!

Program:

10:00 - 10:10 Opening en verwelkoming

10:10 - 10:30 Vlaghysing seremonie en Volksvlag voorstelling - Bosveld Perde Kommando

10:30 - 11:00 Perde optrede - Friesperde

11:00 - 12:00 Volkspele optrede

12:00 - 13:30 Die Penkoppe - Boere-orkes

13:30 -14:00 Middagete met agtergrond musiek

14:00 - 14:45 Kunstenaars - Julie Denner en Chris Roos

14:45 - 15:00 Gasspreker-Henk v/d Graaff van Radio Pretoria 

15:00 - 16:00 Zak van Niekerk

16:00 - 17:00 Julie Denner en Chris Roos

17:00 - 17:10 Die stem en vlagstryking

17:10 - Laat Bring en braai.

Wanneer laas het jy 'n dag tussen jou eie mense deurgebring? Kom geniet ook die kuier saam met ons na die dag se program. Daar gaan lekker gekuier word tot laat in die nag!

Soos by al die vorige feeste wat by Paardekraal aangebied is in 2008, sal daar ook by die Volkskultuurfees van 30 Mei 2009 stalletjies wees. Die kerke van Krugersdorp sal die kos stalletjies beman en daar sal ook verskeie ander stalletjies wees. Van die stalletjies wat daar sal wees is:

Die Verkenners beweging - Inligting stalletjie.

CVO Brandwag - Inligting stalletjie

Oranjekas - Inligting stalletjie waar daar ook rekening op die dag oop gemaak sal word.

Ons vir jou - Inligting stalletjie van die musiekblyspel.

Oranje Sakekamer Wesrand - Inligting stalletjie

Camdix - Uitstalling van militaria

VVK - Inligting en registrasie punt

GK267 - volkseie aandenkings

Bravoland - Volkseie aandenkings

Daar sal ook verskeie boekverkopers wees.

Indien enige persoon belangstel om 'n stalletjie te beman by die fees, kontak my gerus by ben@bravoland.co.za