Saturday, May 23, 2009

Volkskultuurfees te Paardekraal 30 Mei 2009



Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop nie.

Daar gaan vermaak vir die hele gesin aangebied word. Daar sal ook volop kos stalletjies vir die honger mense wees. 'n Springkasteel word vir die kinders voorsie..
Die Pa's en hulle seuns kan wedywer by die skyfskiet stalletjie. Daar is GROOT pryse op die spel!

Program:

10:00 - 10:10 Opening en verwelkoming

10:10 - 10:30 Vlaghysing seremonie en Volksvlag voorstelling - Bosveld Perde Kommando

10:30 - 11:00 Perde optrede - Friesperde

11:00 - 12:00 Volkspele optrede

12:00 - 13:30 Die Penkoppe - Boere-orkes

13:30 -14:00 Middagete met agtergrond musiek

14:00 - 14:45 Kunstenaars - Julie Denner en Chris Roos

14:45 - 15:00 Gasspreker-Henk v/d Graaff van Radio Pretoria 

15:00 - 16:00 Zak van Niekerk

16:00 - 17:00 Julie Denner en Chris Roos

17:00 - 17:10 Die stem en vlagstryking

17:10 - Laat Bring en braai.

Wanneer laas het jy 'n dag tussen jou eie mense deurgebring? Kom geniet ook die kuier saam met ons na die dag se program. Daar gaan lekker gekuier word tot laat in die nag!

Soos by al die vorige feeste wat by Paardekraal aangebied is in 2008, sal daar ook by die Volkskultuurfees van 30 Mei 2009 stalletjies wees. Die kerke van Krugersdorp sal die kos stalletjies beman en daar sal ook verskeie ander stalletjies wees. Van die stalletjies wat daar sal wees is:

Die Verkenners beweging - Inligting stalletjie.

CVO Brandwag - Inligting stalletjie

Oranjekas - Inligting stalletjie waar daar ook rekening op die dag oop gemaak sal word.

Ons vir jou - Inligting stalletjie van die musiekblyspel.

Oranje Sakekamer Wesrand - Inligting stalletjie

Camdix - Uitstalling van militaria

VVK - Inligting en registrasie punt

GK267 - volkseie aandenkings

Bravoland - Volkseie aandenkings

Daar sal ook verskeie boekverkopers wees.

Indien enige persoon belangstel om 'n stalletjie te beman by die fees, kontak my gerus by ben@bravoland.co.za