Wednesday, March 4, 2009

Bernadine Kruger (16) deur taxi doodgery


Agtergrond:

Bernadine Kruger (16) is Maandag, 23 Februarie 2009, op pad na die Hoërskool Garsfontein in Pretoria dood nadat 'n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery het.


Foto's wat by die toneel geneem is, is aan die e-pos aangeheg.

Luister gerus na die klankbane op ons aanlyn databasis by:
http://www.4shared.com/dir/13020745/16bd7efc/Bernadine_Kruger.html


Bernadine Kruger nuusberig 24 Feb 09 - is 'n nuusberig wat vandag (24 Feb) op Radio Pretoria uitgesaai is.

Bernadine Kruger se dood - Pieter Moller -
is 'n onderhoud wat vanmiddag (24 Feb) op Volksmikrofoon op Radio Pretoria uitgesaai is.


------------------------------
-------------------

Die polisie het aanvanklik nie die bestuurder van die taxi gearresteer nie, hulle verskoning was dat die ondersoek nog nie voltooi is nie.

Vir die HNP was dit onaanvaarbaar en hulle het die volgende protesbrief aan die SAP oorhandig:


Die Stasiekommissaris

SA Polisiediens

Garsfontein

Pretoria



Meneer



EIS TOT ARRESTASIE



Ons is tot in ons diepste wese geskok oor die feit dat iemand wat prima facie ’n ernstige oortreding begaan, wat lei tot die dood van ’n kind, op vrye voet gestel word, sogenaamd omdat die ondersoek “nog nie voltooi” is nie.



Ons verwys na die gruwelike insident waartydens die 16-jarige Bernadine Kruger van haar bromponie af gejaag is deur ’n onverskillige moord-taxi, wat eenvoudig oor haar gejaag het, en nog bo-oor die meisie ook is, sodat haar kort lewe op die mees gruwelike en barbaarse wyse denkbaar so beëindig moes word.



Dit is absoluut onaanvaarbaar dat die bestuurder van die moord-taxi steeds op vrye voet verkeer. Hy moes reeds op die toneel gearresteer gewees het en uit die samelewing verwyder word, sodat hy nie nog dalk slagoffers kan eis nie. Daarom eis ons nou dat hy onmiddellik in hegtenis geneem moet word. Indien dit ’n blanke sou gewees het wat ’n swart kind doodgery het, sou hy beslis al lankal vergete agter tralies gesit het. Die feit dat hierdie taxi-bestuurder nie gearresteer is nie, is volgens ons die verlenging van die Staat se beleid van swart bevoordeling, wat beteken dat selfs vermeende swart misdadigers teen blankes, met sagter handskoene hanteer word as vermeende blanke misdadigers, teen wie daar dikwels minder getuienis bestaan as in hierdie geval. As die media ooggetuies kan aanhaal en daaroor rapporteer, behoort die SAPD seker al méér getuienis beskikbaar te hê. Dus is daar prima facie getuienis op grond waarvan dié man summier opgesluit moet word.



Verder eis ons dat daar strenger opgetree moet word teen die wetteloosheid van minibus-taxi’s. Hulle is besig om die frustrasie van die publiek sodanig op te jaag, dat die publiek een of ander tyd self die reg in eie hande gaan neem. Dit sal slegs die gevolg wees van patetiese wetstoepassing in ons land.


(Dr) PW Möller

ONDERLEIER

--------------------------------------------------------------------

Die volgende terugvoer is ontvang van een van die persone wat by die oorhandiging van die eis betrokke was.

'n Uur gelede het die polisie ons in kennis gestel dat die taxi-bestuurder in hegtenis geneem is, in die selle geplaas word en more in die hof sal verskyn. So terloops is opgemerk dat dit 'n wit ondersoekbeampte was wat die saak verder geneem het, waarop dr. Möller se opmerkings was: "Dis dié dat die saak uiteindelik behoorlik hanteer is."

---------------------------------------------------------------------

Die saak is tans onder bespreking op die kuberstaat Bravoland by die volgende skakel:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4644.msg56538;topicseen#new

----------------------------------------------------------------------

Vir meer inligting:

Beeld berig
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2474929,00.html

Nuus 24 berig
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2474990,00.html

Pretoria News berig
http://www.pretorianews.co.za/?fSectionId=&fArticleId=vn20090224033851469C623958

Beeld berig (Oor arrestasie)
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2475352,00.html