Friday, June 19, 2009

Skep vir jou 'n toekoms

Die volgende insiggewende stuk is deur meneer Ben Geldenhuys, sekretaris van die
Verkenners Beweging van Suid-Afrika geskryf:

Lees dit gerus en hou ons volk se geld in ons volk se sak.
Doen ook mee aan die behoud en uitbou van dit wat nie met geld gekoop kan word nie!!!

--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Skep vir jou 'n toekoms!

Die Afrikaner moet besef in 1994 het hy alles verloor wat hy eens opgebou
het in Suid-Afrika. Tans is talle daarvan vervalle of verwoes en dit wat oor
is, se naam word verander of verengels, net om die Afrikaner tot die besef
te bring dit behoort nie meer aan hom nie.

So is dit ook met die Universiteite en staatskole. Dit behoort aan die staat
en die staat word deur die ANC regime beheer. Hierdie regime het ten doel om
'n revolusie te laat plaasvind en die Afrikaner en sy strukture pas nie in
by hierdie beplanning nie. Dit is sinneloos om hierdie revolusie te probeer
keer, alle pogings om dit te probeer keer, stel slegs die kwade dag uit. Hierdie
energie kan beter aangewend word.

As die Afrikaner wil oorleef in die Nuwe Suid-Afrika, sal hy vir homself sy
eie toekoms moet skep. Sy eie strukture daar moet stel wat hy self beheer.

Voorbeelde hiervan bestaan reeds. Toe die SAUK die ANCBC geword het, is
Radio Pretoria geskep. Vandag is Radio Pretoria ‘n baken van hoop en ‘n
toonbeeld van ‘n volk se wil om te oorleef in die donkerste van kontinente.
Dieselfde geld vir die skoolstelsel. Daar was gelukkig mense met visie, wat
15 jaar gelede reeds besef het dat die ANC regime se doel is om alle
Afrikaanse skole te verengels en die skole te gebruik om hulle revolusionere
propaganda te versprei. Daarom het hierdie visionere die BCVO gestig en
hieruit is gebore die onafhanklike Afrikaanse eksamenraad. Vandag word daar
twee Afrikaanse matrieksertifikate in Suid-Afrika erken. Die van die staat
en die van die OAE. Universiteite aanvaar die OAE se matrieksertifikaat met
ope arms, oor die standaard van die staat se matrieksertifikaat is daar
talle vrae. Die volgende logiese stap sal wees om onafhanklike Afrikaanse
universiteite daar te stel gebaseer op westerse eerte wereld standaarde.
Hierdie droom is baie naby daaraan om ‘n realiteit te word!

Hierdie strukture kos egter geld, daarom is dit belangrik om ‘n eie ekonomie
binne die ekonomie te skep. Die eerste stappe in hierdie verband is reeds
geneem met ‘n eie bank wat gestig is. So ook eie sakekamers, wat van krag
tot krag groei ten spyte van die moeilike ekonomiese toestand waarin die
land verkeer.

Laat die regime dus voortgaan met sy swart ekonomiese bevoordeling, om dit
te probeer stop is sinneloos. Om dit te ondersteun is net so sinneloos, want
alhoewel dit mag voorkom of net die pinkie nou gevra word, sal die hele hand
uit eiendelik gegryp word.

Die Afrikaner is besig met sy eie ekonomiese bemagtiging. Uit hierdie
ekonomie sal die Afrikaner weer sy eie strukture daar stel. Strukture wat hy
self sal beheer en wat nie afgetrek sal word na ‘n Afrika standaard toe nie.
Hierdie strukture word op ‘n eerste-wereld standaard gehandhaaf, soos
waaraan die Afrikaner gewoond is en waarmee die Afrikaner gemaklik voel.

‘n Uitdaging waarmee die Afrikaner ook sit, is dat niemand ‘n mandaat het om
namens hom op te tree of na sy belange om te sien nie. Daarom is ek
opgewonde oor die proses wat die VVK begin het. ‘n Proses waar daar ‘n
demokratiese raad verkies gaan word wat ‘n mandaat sal besit om namens die
Afrikaner op te tree en na sy belange om te sien.

Dit is egter tyd dat elkeen hand in eie boesem steek. Dat die strukture wat
reeds geskep is ondersteun word en dat daar ‘n toekoms verseker word vir ons
en die wat na ons as Afrikaners gebore word in hierdie land.

-----------------------------------------------------------
Radio Pretoria
http://www.radiopretoria.co.za/

Oranjekas
http://www.oranjekas.co.za/
http://www.facebook.com/group.php?gid=71994423826

Volksraad Verkiesing Kommissie
http://www.vvk.co.za/
http://www.facebook.com/group.php?gid=71994423826#/group.php?gid=48129031422

BCVO
http://www.bcvo.co.za/