‘n Foto met ‘n ongehoorde stelling is besig om die rondte te doen. Dit toon ‘n groep betogende swartes wat hul misnoeë met die huidige bewind in geen onduidelike terme te kenne gee nie.
1 Om die Christelike leefwyse met sy waardes en norme in die gemeenskap te bevorder en te beskerm.
2 Om te streef en te ywer vir die handhawing en uitbouing van die Boere-Afrikaner se taal, kultuur, leefwyse, tradisies en identiteit;
3 Om die trots van Boere-Afrikanerskap by die Boerevolk te bevorder en uit te bou.
4 Om te ywer vir die behoud van die Boere-Afrikaner se regte en erfenis.
5 Om Boere-Afrikanerbelange te alle tye en onvoorwaardelik in alles wat reg en billik is, eerste te stel.
6 Om te verken en as boodskapper uit te dra, enige aspek wat die Boere-Afrikaner raak en tot sy behoud en groei sal dien.
7 Om sover binne vermoë, die Boere-Afrikanergemeenskap tot diens te wees.
8 Om Verkennersposte landswyd te vestig en uit te bou.
Credo van die Verkenners
Wees sterk: Daar's 'n nasie te lei Daar's 'n stryd te stry Daar's werk. Daar's nie na guns of eer te kyk Daar's nie na links of regs te wyk Daar's net te swyg en aan te stryk
KOMAAN!
Wees trou: Daar's 'n volk te leer Om homself te eer, te bou Om God en God alleen te vrees Aan aard en taal getrou te wees Gesond en waar van hart en gees