Sunday, August 2, 2009

De la Rey, gaan ons ly ???


Die Pretoria Verkennersjeug het uit konfidensiële kampuskringe van Tukkies verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daarom. Dit handel oor die aanstel van die nuwe rektor dr. Cheryl de la Rey.

Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie, inteendeel, dit blyk dat daar rede bestaan om bekommerd te wees ondermeer oor wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eers van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.

Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.



Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.





Die volgende dag, is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.



Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstel van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Callie Pistorius.

Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na dr. Cheryl de la Rey.