Wednesday, December 10, 2008

Links en/of Slinks?

Die slinkse linkse media en hul wanpropaganda produksie

Die afgelope tyd het dit in die media gegons oor die kastige opleiding van Regse 'kindersoldate'. Let op “Regse”.

Beeld berig

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439246,00.html

News 24 berig

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2439667,00.html

Sowetan maak Afrika pap lekker dik aan

http://www.sowetan.co.za/News/Article.aspx?id=901225

Erika Gibson van Beeld het darm ietwat meer lig op Virginia Keppler se snert berig gewerp

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439821,00.html

Luister gerus ook na die onderhoud met kommandant Franz Jooste wat op Radio Pretoria uitgesaai is.

http://www.4shared.com/dir/10728308/e2306d53/Gesprekke.html

Klankbaan se naam is: Opleidingskampe - Franz Jooste

Dit moet sekerlik tragies wees om so min propaganda teen jou vyand te kry dat jy dit moet skep deur blatante leuens soos in hierdie koerantberigte. Ons kan sien dat die doel hiervan is om negatiewe konnotasies aan sekere woorde en gevolglik groeperings te heg. Die ou woordjie “Regs” maak nou weer sy opwagting. In die berigte word hierdie “Regse” groeperings in so ‘n slegte lig gestel dat meeste mense na die lees daarvan sal dink dat dit waarlik sleg moet wees. Later, sonder dat daar vrae gevra word, word almal na wie daar as “Regs” verwys word in ‘n negatiewe lig gesien. Nou kan daar maar meer lig op die saak gewerp word. Die skade is egter reeds gedoen danksy Beeld en al sy wanpropaganda trawante.

Die vraag wat egter ontstaan is: Moet ons almal nou “Links” wees? Moet ons daarmee saam ook “Slinks” wees en lieg om ons politieke doelwitte te bereik?

Wanneer is jy nou eintlik “Regs”?

As jy ‘n Vierkleur laat wapper?

As jy die stem sing?

As jy staan en veg vir die behoud van dit wat kosbaar is vir jou en jou volk?

As jy beginselvas is?

As jy nie blindelings agter alles wat “nuut” is aanhardloop nie?

As jy nie deel van die reenboognasie nagmerrie wil wees nie?

As jy gekant is teen die verknegting van jou volk onder 'n volksvyandige regering?



Laat ons “Regses” onsself maar eerder by die waarheid bepaal. Daar is genoeg FEITE om ons sienings, optrede en ideale te staaf.

Los die leuens vir die slinkse Linkses....