Wednesday, December 10, 2008

WA gaan die DA???

WA gaan die DA???

Na die herstigting van die DA lyk dit inderdaad of hulle 'n nuwe bladjie omgeslaan het en sommer 'n paar nuwe kleure in die proses bygekry het.

Besoek gerus hul webblad by

http://www.da.org.za/

en kyk self.

Diegene wat die DA as 'n goeie opposisie gesien het begin seker nou bekommerd raak wat van hulle gaan word.

Hulle optrede herinner nogal aan die NP/NNP van destyds. Eers raak dit lekker gesellig saam met die regerende party. Dan is dit hande vat en saamwerk hier en daar en siedaar, weg is die "opposie"!!!

Met 'n leuse soos:
ONE NATION, ONE FUTURE kan ons aanneem dat die DA vere voel vir die Afrikaner se strewe na vryheid en selfbeskikking.

As mens kyk na die foto in
Saterdag 15 November se Rapport, lyk dit of Zille sommer vir ons die voorbeeld van nasiebou en versoening wil begin stel. (Foto aangeheg)

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2427081,00.html

Verwikkelinge daar by die DA se jeug afdeling lyk ook heel belowend vir hul nasiebou droom (wat inderdaad altyd 'n droom sal bly)

http://www.dasouct.blogspot.com/

Dit is duidelik dat die DA dink dat hulle stemme gaan kry deur in die politieke stroom te spring. Dit gaan waarlik interessant wees om die stemme stryd tussen die ANC, COPE en die DA dop te hou. Wat dit nog soveel meer pret gaan maak is as die SAKP besluit om ook onafhanklik aan volgende jaar se verkiesing deel te neem. Daar was mos 'n wyle gelede sulke bespiegelinge..........

Wat ons as toeskouers uit die hele stryd kan leer, is dat mens maar versigtig moet wees vir die politieke stroom. Netnou word jy ook meegesleur reguit na ANsee...