Wednesday, December 10, 2008

Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f

Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f

Luister gerus na Radio Pretoria se nuuskommentaar oor die uitlating deur 'n polisie-inspekteur van Tembisa deur die volgende skakel te volg:

http://www.4shared.com/dir/10287134/81313f91/Nuuskommentaar.html

Die klankbaan se naam is:

Misdaad ook gerassifiseer

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vandag (7 November) se Beeld het ook oor die voorval berig.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2422435,00.html

"Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f."

Met dié woorde het 'n swart polisie-inspekteur van Tembisa aan die Oos-Rand glo die slagoffers van 'n gewapende rooftog en kapingspoging Maandagaand in Kempton Park geskel.

Dié beampte, wie se naam aan Beeld bekend is, het glo geweier om 'n swart verdagte op die toneel te arresteer of dat 'n strafsaak geopen word nadat mnr. Nic Lubbe (51) van Kempton Park-Wes, sy dogter, Antoenet Cronjé, en dié se twee seuns, Morné (11) en Kyle (3), Maandagaand deur rowers oorval is.

Dít nadat hy glo ook geweier het dat wit lede van die Norkem Park-polisie die verdagtes se motor deursoek en hulle "wit honde" genoem het.

Volgens Lubbe was hy omstreeks 23:00 op pad om sy dogter en kleinkinders by hul huis in Terenure te gaan aflaai toe hy 'n grys Corsa-bakkie langs die pad in Oranjerivierstraat opgemerk het. Die bakkie het glo skielik sy hoofligte aangeskakel om Lubbe te verblind en het van agter in Lubbe se bakkie vasgery. Drie gewapende mans het van die Corsa se bak afgespring en Cronjé se handsak gegryp.

Lubbe het weggejaag en is later saam met sy vrou, Mara (49), en lede van die Norkem Park-polisiekantoor terug na die toneel.

'n Swart inspekteur van die padversperring-taakspan van Tembisa was reeds daar saam met een van die verdagtes (die bestuurder van die Corsa). Die ander drie het weggekom.

"Die inspekteur het gesê ons is wit honde en het vir 'n wit vrouepolisielid gesê hy sal sorg dat sy op 'n rooftog doodgeskiet word. Toe cock hy sy R5-(geweer) in my gesig en sê dis tyd dat ons wittes ons goed pak en uit die land uit f***f."

'n Ooggetuie wat die rooftog gesien het, het glo gehoor hoe dié inspekteur dié kwetsende opmerkings kwytraak. "Ek het gesien hoe beroof die mense hulle, maar hy beskerm die misdadiger."

Die inspekteur het toe glo 'n ongeluksverslag geopen. Die vrou van die bestuurder van die Corsa het op die toneel opgedaag en haar glo as 'n polisiebeampte voorgedoen.

Volgens een van die Norkem Park-polisielede wou dié vrou hulle glo arresteer toe hulle die Corsa wou deursoek omdat hulle "op die toneel inmeng".

Lubbe het gesê dié vrou het die inhoud van sy dogter se handsak gevat en die leë handsak aan haar teruggegee.

Lubbe het Dinsdagoggend sake van gewapende roof en poging tot kaping by die Norkem Park-polisie ingedien. Supt. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die voorval word ondersoek "met die oog op moontlike tugstappe. Die Tembisa- en provinsiale polisiebestuur het hul skok uitgespreek oor die beweerde voorval."