Wednesday, December 10, 2008

Charmaine Pienaar

Die Pienaar-gesin van Vereeniging se lewens is op 01 Okotober 2008 onherroeplik verander toe die 41-jarige ma, Heila Pienaar, koelbloedig vermoor en die agtienjarige Charmaine vermoedelik verlam is nadat hulle deur 'n aanvaller met 'n byl aangeval is. Dié aanval het helder oordag by die gesin se skroothandel-onderneming, Great Wall Scrap Metals, gebeur en skokgolwe deur die Vaaldriehoek gestuur. Mev. Pienaar en haar dogter was die oggend alleen by die onderneming, .

Paramedici van Netcare 911 het die middag 'n noodoproep ontvang en Charmaine gestabiliseer en na na die Vereeniging Medi-Clinic vervoer. Charmaine het op 2 Oktober in die Vereeniging-Medi-Clinic 'n 11 uur lange operasie ondergaan om 'n stuk van haar skedel wat in haar brein gesteek het, te verwyder en die byl se skade aan haar skedel en senuwees te herstel. Die dokter het gevrees dat sy nie weer sal loop nie, maar sy kan, reeds haar linkerbeen optel

"Haar vergruisde wangbene en gebreekte neus en kakebeen is ook tydens die operasie herstel. Sy sal egter nooit weer kan ruik nie. Haar moed en deursettingsvermoë is 'n voorbeeld vir ander oorlewende misdaadslagoffers.

"Sy is 'n vegter," het hy gesê.

Charmaine se mediese beloop egter reeds meer as R200 000 en die gesin is nie op 'n mediese fonds. "n trust fonds is gestig om die gesin te help om die skuld te delg . Besonderhede van die fonds is:

Charmaine Pienaar-fonds

IT no: 13106/2007

Absa Bank

Rek no: 4072635823

Takkode: 632005

Tak: Alberton

Administrateur van die trust: mnr. Andre Joubert (Advokaat) –Familiekontak vir trust: Cynthia – 083 258 2527