Monday, November 23, 2009

Gert Opperman se wanvoorstelling van die waarheid.

Na aanleiding van die berig in Beeld op 19 Nov 2009: “16 Desember: ‘Geen ontwrigting geduld’”, rig die Pretoria Verkennersjeug graag 'n versoek aan Gert Opperman, HUB van die Voortrekkermonument, om by die waarheid te bly wanneer hy publieke verklarings maak.

Die Pretoria Verkennersjeug is nou keelvol vir die voortdurende verdraaings van die waarheid wat deur Gert Opperman verkondig word ten einde sy swak saak in die publiek te regverdig. Deur die verspreiding van wat ons beskou as blatante leuens en halwe waarhede skep hy verskeie wanindrukke.

Opperman se verklaring dat die Pretoria Verkennersjeug buitelands besoekers beledig het, is ‘n blatante leuen. Daar was geen buitelandse besoekers tydens die geskenkwinkelaksie teenwoordig nie. Indien hy hierdie leuen nie self geskep het nie, moet hy in die vervolg seker maak van die feite wat hy ontvang voor hy dit in die publiek verkondig.

Die vergadering wat vir Saterdag 14 November by die Monument gereel was, was ‘n inisiatief van Orania se jeugbeweging. Opperman het egter die indruk geskep dat dit die Pretoria Verkennersjeug en/of Bravoland was wat hierdie vergadering gereel het. Dit het hom so gepla dat hy vir ‘n regsverteenwoordiger opdrag gegee het om alle Verkenners te verban van die Voortrekkermonument en Bloedrivier. Die Verkennersjeug en Bravoland is as gaste genooi saam met verskeie ander vryheidsgesinde jeugorganisasies. Ons dink eerder Opperman wou die vergadering in sy geheel kelder, omdat hy hom deeglik van ons volk en sy vryheidstrewe gedistansieer het.

Wat die sluit van die hekke tydens die 60-jarige bestaansherdenking betref het Opperman weereens net aangeneem dat dit die Verkennersjeug is. Weereens het hy nie seker gemaak van sy feite nie.

Dit is opvallend dat Opperman poog om van hierdie kultuur saak, ‘n politieke saak te maak, deur na die Pretoria Verkennersjeug as “regs” te verwys. Mens kan seker aanneem uit hierdie uitlating van Opperman dat hy homself as “links” beskou en dit wil verkondig aan die wêreld. As “regs” dieselfde as volksgerig en behoudend sou beteken, is ons trots op die etiket wat Opperman aan ons gegee het. Dit sou egter beteken dat “links” dieselfde beteken as “volksvyandig” en mens kan maar net wonder of Opperman net so trots sal wees op hierdie etiket wat hy aan homself gegee het.

Dit is egter hartseer dat Opperman telkens politiek by die Voortrekkermonument en Bloedrivier moet insleep en dit is net so hartseer dat hy sy eie politieke voorkeure op die Voortrekkermonument en Bloedrivier wil afdwing. Sy poging om verlede jaar se Gelofteherdenking by Bloedrivier in ‘n Versoeningsdag viering te verander, is ‘n sprekende voorbeeld van hierdie feit. So ook sy alewige integrasie pogings by die Voortrekkermonument, soos die sanger uit Soweto wat Boereseun gesing het tydens die 60ste herdenking van die opening van die Voortrekkermonument en die kleurling model wat halfnaak op die senotaaf afgeneem is. Polities gemotiveerde integrasie van hierdie aard, sal lei tot die kulturele disintegrasie van die Afrikaner en mens kan maar net wonder of dit Opperman se plan is.

Ten slotte moet Opperman kennisneem dat die Afrikaner NOOIT bloot sal toekyk terwyl sy erfenis vertrap word nie. Die verset teen die vertrapping sal aanhou en geen dreigemente sal dit stop nie. Opperman moet vir sy eie onthalwe ook nie die wanopvatting koester dat dit net die Verkenners is wat hierdie verset instand sal hou nie, dit mag hom nog baie ontnugtering in die toekoms besorg.

Mag die volksgerigde Afrikaner homself egter altyd by die waarheid hou, selfs wanneer hy verset pleeg.

Werner Smook

Pretoria Verkennersjeug

------------------------------

Monday, November 9, 2009

Projek 2010

Daar word beraam dat reeds soveel as 20 000 Afrikaners vermoor is sedert die ANC aan bewind gekom het in 1994.
Tans is daar 'n projek aan die gang om hierdie name te lys, net soos die name van ons volk se 27 000 vroue en kinders wat onder die Engelse bewind vermoor is, gelys is as deel van ons volk se historiese geheue.
Ons mag nie ons mense wat vermoor is, vergeet nie. Daarom is dit noodsaaklik dat elkeen van hulle se name gelys en onthou moet word vir die toekomstige geslagte.
Dit is 'n groot taak, en amptelike instellings wil geen samewerking gee nie. Daarom word almal gevra om te help om hierdie besonderhede bymekaar te maak.
Gaan besoek asb. www.projek2010.co.za en help met die bymekaarmaak van die data.
Stuur asb. hierdie e-pos ook aan ander volksgenote, landwyd en ook die wat na die buiteland is juis as gevolg van hierdie wantoestande, sodat hierdie projek momentum kan opbou. Daar word gepoog om hierdie databasis op 10/10/2010 te voltooi.

Monday, October 12, 2009




Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse ‘n belangrike invloed op ‘n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie ‘n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur.

Die webwerf van die projek is:

http://www.projek2010.co.za/

Of sluit aan by ons Facebook groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=177067125271

Thursday, August 27, 2009

Paul Krugerfees 2009

new-1.jpg

Geagte Volksgenoot,

Paul Kruger het ‘n baie spesiale verbintenis met Krugersdorp. Nie net is die dorp na hom vernoem nie, maar ook is Oom Paul se monument, die Paardekraalmonument, in Krugersorp.


Paul Kruger se verbintenis met Paardekraal.

05062008(020).jpg

Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

‘n Danbare volk, onthou sy helde.

Sedert 2007 herdenk die Paardekraal Verkenners die geboortedag van President Paul Kruger. Hierdie herdenking het in 2008 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n volksfees wat by die Paardekraalmonument gehou is.

In 2009 sal daar weereens ‘n volksfees ter herdenking van President Paul Kruger gehou word te Paardekraal. Volksgenote word vriendelik uit genooi na hierdie feestelike dag.








018.JPG

Sedert 2007 op die 9 Oktober, sit die Paardekraal Verkenners ‘n ampserp op die standbeeld van President Paul Kruger. Dit is ter herdenking van sy verjaarsdag wat op die 10 Oktober geskiet.

Paul Krugerstandbeeld
IMG_0380[1].jpg

Paardekraal Verkenners



Paul Krugerfees3 klein.jpg


Tuesday, August 18, 2009

VTM befonds Sodom en Gomorra???

In 17 Augustus 2009 se uitgawe van Beeld op Bl. 2......................





Vir meer agtergrond oor UP & OUT:


Tydens 'n bemarkingsdag vir organisasies op Tuks hoofkampus:





UP & OUT op die graffiti muur:





So moet ons kennis neem dat die erwe van ons vaders nou misbruik word om Sodom en Gomorra te befonds?

Ons gaan voorlopig nie meer hieroor uitbrei nie.

U sal waarskynlik later opvolg nuus rondom hierdie walglike gebeure ontvang.

Om hierdie bespotting en vertrapping van ons erfenis te aanvaar word egter nie deur die PVJ oorweeg nie.

Mag dit ook die geval wees met elkeen wat hom/haarself 'n Afrikaner noem.

Sunday, August 2, 2009

De la Rey, gaan ons ly ???


Die Pretoria Verkennersjeug het uit konfidensiële kampuskringe van Tukkies verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daarom. Dit handel oor die aanstel van die nuwe rektor dr. Cheryl de la Rey.

Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie, inteendeel, dit blyk dat daar rede bestaan om bekommerd te wees ondermeer oor wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eers van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.

Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.



Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.





Die volgende dag, is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.



Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstel van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Callie Pistorius.

Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na dr. Cheryl de la Rey.

Thursday, July 23, 2009

AWB was better than ANC


‘n Foto met ‘n ongehoorde stelling is besig om die rondte te doen. Dit toon ‘n groep betogende swartes wat hul misnoeë met die huidige bewind in geen onduidelike terme te kenne gee nie.

Met erkenning aan mnr. Dan Roodt

http://roodt.org/?p=37