Saturday, May 23, 2009

Volkskultuurfees te Paardekraal 30 Mei 2009



Moet asseblief nie hierdie geleentheid misloop nie.

Daar gaan vermaak vir die hele gesin aangebied word. Daar sal ook volop kos stalletjies vir die honger mense wees. 'n Springkasteel word vir die kinders voorsie..
Die Pa's en hulle seuns kan wedywer by die skyfskiet stalletjie. Daar is GROOT pryse op die spel!

Program:

10:00 - 10:10 Opening en verwelkoming

10:10 - 10:30 Vlaghysing seremonie en Volksvlag voorstelling - Bosveld Perde Kommando

10:30 - 11:00 Perde optrede - Friesperde

11:00 - 12:00 Volkspele optrede

12:00 - 13:30 Die Penkoppe - Boere-orkes

13:30 -14:00 Middagete met agtergrond musiek

14:00 - 14:45 Kunstenaars - Julie Denner en Chris Roos

14:45 - 15:00 Gasspreker-Henk v/d Graaff van Radio Pretoria 

15:00 - 16:00 Zak van Niekerk

16:00 - 17:00 Julie Denner en Chris Roos

17:00 - 17:10 Die stem en vlagstryking

17:10 - Laat Bring en braai.

Wanneer laas het jy 'n dag tussen jou eie mense deurgebring? Kom geniet ook die kuier saam met ons na die dag se program. Daar gaan lekker gekuier word tot laat in die nag!

Soos by al die vorige feeste wat by Paardekraal aangebied is in 2008, sal daar ook by die Volkskultuurfees van 30 Mei 2009 stalletjies wees. Die kerke van Krugersdorp sal die kos stalletjies beman en daar sal ook verskeie ander stalletjies wees. Van die stalletjies wat daar sal wees is:

Die Verkenners beweging - Inligting stalletjie.

CVO Brandwag - Inligting stalletjie

Oranjekas - Inligting stalletjie waar daar ook rekening op die dag oop gemaak sal word.

Ons vir jou - Inligting stalletjie van die musiekblyspel.

Oranje Sakekamer Wesrand - Inligting stalletjie

Camdix - Uitstalling van militaria

VVK - Inligting en registrasie punt

GK267 - volkseie aandenkings

Bravoland - Volkseie aandenkings

Daar sal ook verskeie boekverkopers wees.

Indien enige persoon belangstel om 'n stalletjie te beman by die fees, kontak my gerus by ben@bravoland.co.za

Wednesday, March 4, 2009

Bernadine Kruger (16) deur taxi doodgery


Agtergrond:

Bernadine Kruger (16) is Maandag, 23 Februarie 2009, op pad na die Hoërskool Garsfontein in Pretoria dood nadat 'n taxi eers aanhoudend vir haar getoeter het voordat dit van agter teen haar bromponie vasgery en toe bo-oor haar gery het.


Foto's wat by die toneel geneem is, is aan die e-pos aangeheg.

Luister gerus na die klankbane op ons aanlyn databasis by:
http://www.4shared.com/dir/13020745/16bd7efc/Bernadine_Kruger.html


Bernadine Kruger nuusberig 24 Feb 09 - is 'n nuusberig wat vandag (24 Feb) op Radio Pretoria uitgesaai is.

Bernadine Kruger se dood - Pieter Moller -
is 'n onderhoud wat vanmiddag (24 Feb) op Volksmikrofoon op Radio Pretoria uitgesaai is.


------------------------------
-------------------

Die polisie het aanvanklik nie die bestuurder van die taxi gearresteer nie, hulle verskoning was dat die ondersoek nog nie voltooi is nie.

Vir die HNP was dit onaanvaarbaar en hulle het die volgende protesbrief aan die SAP oorhandig:


Die Stasiekommissaris

SA Polisiediens

Garsfontein

Pretoria



Meneer



EIS TOT ARRESTASIE



Ons is tot in ons diepste wese geskok oor die feit dat iemand wat prima facie ’n ernstige oortreding begaan, wat lei tot die dood van ’n kind, op vrye voet gestel word, sogenaamd omdat die ondersoek “nog nie voltooi” is nie.



Ons verwys na die gruwelike insident waartydens die 16-jarige Bernadine Kruger van haar bromponie af gejaag is deur ’n onverskillige moord-taxi, wat eenvoudig oor haar gejaag het, en nog bo-oor die meisie ook is, sodat haar kort lewe op die mees gruwelike en barbaarse wyse denkbaar so beëindig moes word.



Dit is absoluut onaanvaarbaar dat die bestuurder van die moord-taxi steeds op vrye voet verkeer. Hy moes reeds op die toneel gearresteer gewees het en uit die samelewing verwyder word, sodat hy nie nog dalk slagoffers kan eis nie. Daarom eis ons nou dat hy onmiddellik in hegtenis geneem moet word. Indien dit ’n blanke sou gewees het wat ’n swart kind doodgery het, sou hy beslis al lankal vergete agter tralies gesit het. Die feit dat hierdie taxi-bestuurder nie gearresteer is nie, is volgens ons die verlenging van die Staat se beleid van swart bevoordeling, wat beteken dat selfs vermeende swart misdadigers teen blankes, met sagter handskoene hanteer word as vermeende blanke misdadigers, teen wie daar dikwels minder getuienis bestaan as in hierdie geval. As die media ooggetuies kan aanhaal en daaroor rapporteer, behoort die SAPD seker al méér getuienis beskikbaar te hê. Dus is daar prima facie getuienis op grond waarvan dié man summier opgesluit moet word.



Verder eis ons dat daar strenger opgetree moet word teen die wetteloosheid van minibus-taxi’s. Hulle is besig om die frustrasie van die publiek sodanig op te jaag, dat die publiek een of ander tyd self die reg in eie hande gaan neem. Dit sal slegs die gevolg wees van patetiese wetstoepassing in ons land.


(Dr) PW Möller

ONDERLEIER

--------------------------------------------------------------------

Die volgende terugvoer is ontvang van een van die persone wat by die oorhandiging van die eis betrokke was.

'n Uur gelede het die polisie ons in kennis gestel dat die taxi-bestuurder in hegtenis geneem is, in die selle geplaas word en more in die hof sal verskyn. So terloops is opgemerk dat dit 'n wit ondersoekbeampte was wat die saak verder geneem het, waarop dr. Möller se opmerkings was: "Dis dié dat die saak uiteindelik behoorlik hanteer is."

---------------------------------------------------------------------

Die saak is tans onder bespreking op die kuberstaat Bravoland by die volgende skakel:

http://www.bravoland.co.za/forum/index.php?topic=4644.msg56538;topicseen#new

----------------------------------------------------------------------

Vir meer inligting:

Beeld berig
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2474929,00.html

Nuus 24 berig
http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2474990,00.html

Pretoria News berig
http://www.pretorianews.co.za/?fSectionId=&fArticleId=vn20090224033851469C623958

Beeld berig (Oor arrestasie)
http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2475352,00.html

Saturday, February 14, 2009

Bosbrande in Australië

Hieronder sien u 'n paar foto's van die bosbrande in Australië wat die afgelope tyd in die nuus was. Gebeure soos die laat mens net opnuut besef hoe magteloos die mens vandag nog, met sy tegnologie en al, kan staan teenoor die natuur en sy elemente.
































Saturday, January 24, 2009

Geert Wilders na Suid-Afrika genooi

Geert Wilders na Suid-Afrika genooi
Die Oostenrykse parlementslid van die Vryheidsparty, Susanne Winter, is skuldig bevind aan beweerde haatspraak teen Moslems.
In Nederland het die nasionale vervolgingsgesag in Amsterdam aangekondig dat die leier van die Nederlandse Partij voor de Vrijheid (PVV), mnr. Geert Wilders, ook vervolg gaan word vir sogenaamde anti-Moslem-uitsprake.
Die Verkennersbeweging, wat homself op Christelik-nasionale grondslag stel, is bekommerd oor hierdie tendens, omdat Moslems deur hierdie optrede nog meer radikaal sal word, en dit uiteindelik 'n bedreiging vir die Christendom kan inhou.
Die Verkenners het meegande brief aan mnr. Wilders gestuur, waarin steun aan hom toegesê word, en waarin hy uitgenooi word om Suid-Afrika te besoek om sy film oor die Islam en die Koran, "Fitna", in Suid-Afrika te kom vertoon, en sy ervaring met betrekking tot die Islam en sy stryd daarteen, te kom deel op openbare vergaderings wat die Verkenners landwys sal aanlê.
Die volledige brief aan mnr. Wilders lui:

----------------------------------------------------------------------------------------

Geagte Meneer Wilders

Ons organisasie staan op ‘n Christelik-Nasionale grondslag, as basis vir ons oortuigings en optrede.

Met dit as uitgangspunt wil ons u verseker van ons ondersteuning in u stryd ter bewusmaking van die gevare van die Moslem-fundamentalisme vir die wêreld.

Daarom het ons met waardering kennis geneem dat u, ten spyte van alle dreigemente en aanslae, steeds voortgegaan het om die film “Fitna” te maak, waarin u uitstekend geslaag het om die werkswyse en die ware Moslem-karakter uit te beeld.

Die laaste dae het ons, saam met ander nasionaliste regoor die wêreld, met groot ontevredenheid kennis geneem van die Nederlandse Vervolgingsowerheid se besluit om u te vervolg vir beweerde anti-Moslem uitsprake. Insgelyks het ons met kommer kennis geneem van die reuse boete wat mev. Susanne Winter van die Oostenrykse Vryheidsparty opgelê is vir soortgelyke aanklagte.

Dit sal waarskynlik net petrol op die Moslem-vuur wees om nog meer radikaal en uitgesproke te wees, en ons glo, ook ter behoud van die Christelike beskawing en leefwyse, dat internasionaal saamgewerk moet word teen die Islamisering van die samelewing. Daarom kan u op ons steun reken.

Ons het egter ook kennis geneem dat u ook in ander lande Fitna vertoon, waartydens u dan ook verdere inligting verskaf. Ons sou u graag wil uitnooi om ook Suid-Afrika te besoek, om Fitna ook hier te vertoon en ons mense verder toe te lig. Ons sal verkeie byeenkomste kan reël regoor die land, terwyl u ook ons mooi land kan besigtig.

Indien u ons uitnodiging sou aanvaar, kan verdere besonderhede uitgewerk word.

Sterkte intussen met u stryd, veral ook met die naderende vervolging en hofsaak.

Ons verneem graag van u.

Vriendelike groete

Henk van de Graaf

PRESIDENT


Wednesday, December 10, 2008

Links en/of Slinks?

Die slinkse linkse media en hul wanpropaganda produksie

Die afgelope tyd het dit in die media gegons oor die kastige opleiding van Regse 'kindersoldate'. Let op “Regse”.

Beeld berig

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439246,00.html

News 24 berig

http://www.news24.com/News24/South_Africa/News/0,,2-7-1442_2439667,00.html

Sowetan maak Afrika pap lekker dik aan

http://www.sowetan.co.za/News/Article.aspx?id=901225

Erika Gibson van Beeld het darm ietwat meer lig op Virginia Keppler se snert berig gewerp

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2439821,00.html

Luister gerus ook na die onderhoud met kommandant Franz Jooste wat op Radio Pretoria uitgesaai is.

http://www.4shared.com/dir/10728308/e2306d53/Gesprekke.html

Klankbaan se naam is: Opleidingskampe - Franz Jooste

Dit moet sekerlik tragies wees om so min propaganda teen jou vyand te kry dat jy dit moet skep deur blatante leuens soos in hierdie koerantberigte. Ons kan sien dat die doel hiervan is om negatiewe konnotasies aan sekere woorde en gevolglik groeperings te heg. Die ou woordjie “Regs” maak nou weer sy opwagting. In die berigte word hierdie “Regse” groeperings in so ‘n slegte lig gestel dat meeste mense na die lees daarvan sal dink dat dit waarlik sleg moet wees. Later, sonder dat daar vrae gevra word, word almal na wie daar as “Regs” verwys word in ‘n negatiewe lig gesien. Nou kan daar maar meer lig op die saak gewerp word. Die skade is egter reeds gedoen danksy Beeld en al sy wanpropaganda trawante.

Die vraag wat egter ontstaan is: Moet ons almal nou “Links” wees? Moet ons daarmee saam ook “Slinks” wees en lieg om ons politieke doelwitte te bereik?

Wanneer is jy nou eintlik “Regs”?

As jy ‘n Vierkleur laat wapper?

As jy die stem sing?

As jy staan en veg vir die behoud van dit wat kosbaar is vir jou en jou volk?

As jy beginselvas is?

As jy nie blindelings agter alles wat “nuut” is aanhardloop nie?

As jy nie deel van die reenboognasie nagmerrie wil wees nie?

As jy gekant is teen die verknegting van jou volk onder 'n volksvyandige regering?



Laat ons “Regses” onsself maar eerder by die waarheid bepaal. Daar is genoeg FEITE om ons sienings, optrede en ideale te staaf.

Los die leuens vir die slinkse Linkses....

WA gaan die DA???

WA gaan die DA???

Na die herstigting van die DA lyk dit inderdaad of hulle 'n nuwe bladjie omgeslaan het en sommer 'n paar nuwe kleure in die proses bygekry het.

Besoek gerus hul webblad by

http://www.da.org.za/

en kyk self.

Diegene wat die DA as 'n goeie opposisie gesien het begin seker nou bekommerd raak wat van hulle gaan word.

Hulle optrede herinner nogal aan die NP/NNP van destyds. Eers raak dit lekker gesellig saam met die regerende party. Dan is dit hande vat en saamwerk hier en daar en siedaar, weg is die "opposie"!!!

Met 'n leuse soos:
ONE NATION, ONE FUTURE kan ons aanneem dat die DA vere voel vir die Afrikaner se strewe na vryheid en selfbeskikking.

As mens kyk na die foto in
Saterdag 15 November se Rapport, lyk dit of Zille sommer vir ons die voorbeeld van nasiebou en versoening wil begin stel. (Foto aangeheg)

http://www.news24.com/Rapport/Suid-Afrika/0,,752-2460_2427081,00.html

Verwikkelinge daar by die DA se jeug afdeling lyk ook heel belowend vir hul nasiebou droom (wat inderdaad altyd 'n droom sal bly)

http://www.dasouct.blogspot.com/

Dit is duidelik dat die DA dink dat hulle stemme gaan kry deur in die politieke stroom te spring. Dit gaan waarlik interessant wees om die stemme stryd tussen die ANC, COPE en die DA dop te hou. Wat dit nog soveel meer pret gaan maak is as die SAKP besluit om ook onafhanklik aan volgende jaar se verkiesing deel te neem. Daar was mos 'n wyle gelede sulke bespiegelinge..........

Wat ons as toeskouers uit die hele stryd kan leer, is dat mens maar versigtig moet wees vir die politieke stroom. Netnou word jy ook meegesleur reguit na ANsee...



Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f

Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f

Luister gerus na Radio Pretoria se nuuskommentaar oor die uitlating deur 'n polisie-inspekteur van Tembisa deur die volgende skakel te volg:

http://www.4shared.com/dir/10287134/81313f91/Nuuskommentaar.html

Die klankbaan se naam is:

Misdaad ook gerassifiseer

--------------------------------------------------------------------------------------------------------

Vandag (7 November) se Beeld het ook oor die voorval berig.

http://www.news24.com/Beeld/Suid-Afrika/0,,3-975_2422435,00.html

"Dit is tyd dat julle wittes jul goed pak en f***f."

Met dié woorde het 'n swart polisie-inspekteur van Tembisa aan die Oos-Rand glo die slagoffers van 'n gewapende rooftog en kapingspoging Maandagaand in Kempton Park geskel.

Dié beampte, wie se naam aan Beeld bekend is, het glo geweier om 'n swart verdagte op die toneel te arresteer of dat 'n strafsaak geopen word nadat mnr. Nic Lubbe (51) van Kempton Park-Wes, sy dogter, Antoenet Cronjé, en dié se twee seuns, Morné (11) en Kyle (3), Maandagaand deur rowers oorval is.

Dít nadat hy glo ook geweier het dat wit lede van die Norkem Park-polisie die verdagtes se motor deursoek en hulle "wit honde" genoem het.

Volgens Lubbe was hy omstreeks 23:00 op pad om sy dogter en kleinkinders by hul huis in Terenure te gaan aflaai toe hy 'n grys Corsa-bakkie langs die pad in Oranjerivierstraat opgemerk het. Die bakkie het glo skielik sy hoofligte aangeskakel om Lubbe te verblind en het van agter in Lubbe se bakkie vasgery. Drie gewapende mans het van die Corsa se bak afgespring en Cronjé se handsak gegryp.

Lubbe het weggejaag en is later saam met sy vrou, Mara (49), en lede van die Norkem Park-polisiekantoor terug na die toneel.

'n Swart inspekteur van die padversperring-taakspan van Tembisa was reeds daar saam met een van die verdagtes (die bestuurder van die Corsa). Die ander drie het weggekom.

"Die inspekteur het gesê ons is wit honde en het vir 'n wit vrouepolisielid gesê hy sal sorg dat sy op 'n rooftog doodgeskiet word. Toe cock hy sy R5-(geweer) in my gesig en sê dis tyd dat ons wittes ons goed pak en uit die land uit f***f."

'n Ooggetuie wat die rooftog gesien het, het glo gehoor hoe dié inspekteur dié kwetsende opmerkings kwytraak. "Ek het gesien hoe beroof die mense hulle, maar hy beskerm die misdadiger."

Die inspekteur het toe glo 'n ongeluksverslag geopen. Die vrou van die bestuurder van die Corsa het op die toneel opgedaag en haar glo as 'n polisiebeampte voorgedoen.

Volgens een van die Norkem Park-polisielede wou dié vrou hulle glo arresteer toe hulle die Corsa wou deursoek omdat hulle "op die toneel inmeng".

Lubbe het gesê dié vrou het die inhoud van sy dogter se handsak gevat en die leë handsak aan haar teruggegee.

Lubbe het Dinsdagoggend sake van gewapende roof en poging tot kaping by die Norkem Park-polisie ingedien. Supt. Eugene Opperman, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê die voorval word ondersoek "met die oog op moontlike tugstappe. Die Tembisa- en provinsiale polisiebestuur het hul skok uitgespreek oor die beweerde voorval."