Monday, November 9, 2009

Projek 2010

Daar word beraam dat reeds soveel as 20 000 Afrikaners vermoor is sedert die ANC aan bewind gekom het in 1994.
Tans is daar 'n projek aan die gang om hierdie name te lys, net soos die name van ons volk se 27 000 vroue en kinders wat onder die Engelse bewind vermoor is, gelys is as deel van ons volk se historiese geheue.
Ons mag nie ons mense wat vermoor is, vergeet nie. Daarom is dit noodsaaklik dat elkeen van hulle se name gelys en onthou moet word vir die toekomstige geslagte.
Dit is 'n groot taak, en amptelike instellings wil geen samewerking gee nie. Daarom word almal gevra om te help om hierdie besonderhede bymekaar te maak.
Gaan besoek asb. www.projek2010.co.za en help met die bymekaarmaak van die data.
Stuur asb. hierdie e-pos ook aan ander volksgenote, landwyd en ook die wat na die buiteland is juis as gevolg van hierdie wantoestande, sodat hierdie projek momentum kan opbou. Daar word gepoog om hierdie databasis op 10/10/2010 te voltooi.

Monday, October 12, 2009




Enige volk het die plig en verantwoordelikheid om die gebeure wat hom raak op skrif te stel en vir die nageslag te bewaar. Indien daardie gebeurtenisse ‘n belangrike invloed op ‘n volk se lewe en voortbestaan het, maak dit die plig nog soveel meer belangrik.

Tydens die Tweede Vryheidsoorlog (Tweede Engelse Oorlog) het daar ongeveer 27 000 vrouens, kinders en bejaardes in Britse Konsentrasiekampe gesterf, waarvan die grootste gedeelte kinders was. Dit is een van die grootste oorlogsmisdade in die moderne tyd. Die meeste van die name van die slagoffers is aangeteken en vorm deel van die Boere-, Afrikanervolk se geheue, ook vir die toekomstige geslagte. As dit nie so was nie sou die volk aan geheueverlies gely het oor hierdie groot saak en sou die vergryper daarmee weggekom het.

Sedert 1994 se ANC-oorname is daar volgens berekenings reeds meer as 20 000 van ons volk deur volksvreemdes vermoor ten aanskoue van die regime. Weens verskillende redes, waarvan sommige nie te onskuldig is nie, kan hierdie inligting nie verkry word nie. As daar dus nie ‘n doelbewuste poging aangewend word om die inligting te verkry, te verifieer en aan te teken nie, sal die tragedie nooit behoorlik aan die lig kom nie. Dit sal beteken dat ons volk aan geheue verlies ly en dat toekomstige geslagte nie daarvan bewus sal wees nie.

Ons het ook in Suid-Afrika ondervind hoedat ware feite dikwels ontken word en deur die leuen dan te herhaal word die waarheid versmoor. Indien die name en ander inligting van die slagoffers verkry en bewaar word is dit nie so maklik om die waarheid te onderdruk nie.

Fondse om die projek suksesvol deur te voer is oor die afgelope twee jaar byeengebring deur dit rand vir rand onder volksgenote in te samel. Dit is elke volksgenoot se dure plig om aan die projek, bekend as PROJEK-2010, deel te neem en die inligting met spesiale moeite te verkry op welke wyse ookal en aan die projekspan deur te stuur.

Die webwerf van die projek is:

http://www.projek2010.co.za/

Of sluit aan by ons Facebook groep:

http://www.facebook.com/group.php?gid=177067125271

Thursday, August 27, 2009

Paul Krugerfees 2009

new-1.jpg

Geagte Volksgenoot,

Paul Kruger het ‘n baie spesiale verbintenis met Krugersdorp. Nie net is die dorp na hom vernoem nie, maar ook is Oom Paul se monument, die Paardekraalmonument, in Krugersorp.


Paul Kruger se verbintenis met Paardekraal.

05062008(020).jpg

Op 8 Desember 1880, na die verlies van vryheid, roep Paul Kruger die volk byeen te Paardekraal.

Tydens hierdie vergadering, besluit die sowat 6000 burgers, dat die tyd aangebreek het om iets daadwerkliks te doe nom hulle vryheid te herstel. Op 'n voorstel van Paul Kruger het die burgers 'n klip stapel gepak op die plek waar die monument vandag staan. Op hierdie stadium is die Paardekraal Gelofte ook afgele.

Hierdie vergadering het die slag van Majuba tot gevolg gehad en die herstel van vryheid van die ZAR op 27 Februarie 1881.
Van 13 tot 16 Desember 1881, hou 'n dankbare volk 'n reuse fees op die terrein en ook die eerste staatsfees in 1886 is daar gevier.

In 1889 is die heer JC Human, wat landros in Krugersdorp was, na President Paul Kruger om toestemming te vra om 'n monument op die terrein te bou. In 1890 besluit die regering om die monument op Paardekraal te bou oor die klipstapel. Die Heer Wierda, was die argitek en die boumeester WY Veitsch het in April 1890 met die bou van die Monument begin en is voltooi in November van 1890.

In Desember 1891 is 'n huldigingsfees op Paardekraal gehou, waartydens President Paul Kruger die monument onthul het. Dit was ook die eerste volksfees waar die Gelofte van 1838 weer herdenk is.

‘n Danbare volk, onthou sy helde.

Sedert 2007 herdenk die Paardekraal Verkenners die geboortedag van President Paul Kruger. Hierdie herdenking het in 2008 ‘n hoogtepunt bereik met ‘n volksfees wat by die Paardekraalmonument gehou is.

In 2009 sal daar weereens ‘n volksfees ter herdenking van President Paul Kruger gehou word te Paardekraal. Volksgenote word vriendelik uit genooi na hierdie feestelike dag.








018.JPG

Sedert 2007 op die 9 Oktober, sit die Paardekraal Verkenners ‘n ampserp op die standbeeld van President Paul Kruger. Dit is ter herdenking van sy verjaarsdag wat op die 10 Oktober geskiet.

Paul Krugerstandbeeld
IMG_0380[1].jpg

Paardekraal Verkenners



Paul Krugerfees3 klein.jpg


Tuesday, August 18, 2009

VTM befonds Sodom en Gomorra???

In 17 Augustus 2009 se uitgawe van Beeld op Bl. 2......................





Vir meer agtergrond oor UP & OUT:


Tydens 'n bemarkingsdag vir organisasies op Tuks hoofkampus:





UP & OUT op die graffiti muur:





So moet ons kennis neem dat die erwe van ons vaders nou misbruik word om Sodom en Gomorra te befonds?

Ons gaan voorlopig nie meer hieroor uitbrei nie.

U sal waarskynlik later opvolg nuus rondom hierdie walglike gebeure ontvang.

Om hierdie bespotting en vertrapping van ons erfenis te aanvaar word egter nie deur die PVJ oorweeg nie.

Mag dit ook die geval wees met elkeen wat hom/haarself 'n Afrikaner noem.

Sunday, August 2, 2009

De la Rey, gaan ons ly ???


Die Pretoria Verkennersjeug het uit konfidensiële kampuskringe van Tukkies verneem van ‘n boodskap wat op die graffitimuur geverf is, sowel as die gebeure daarom. Dit handel oor die aanstel van die nuwe rektor dr. Cheryl de la Rey.

Ons moet egter nie dat haar van ons valse hoop gee nie, inteendeel, dit blyk dat daar rede bestaan om bekommerd te wees ondermeer oor wat die toekoms vir Afrikaans op Tukkies inhou. Ons praat nog nie eers van die vryheid van Afrikanerstudente om hul volkskap met trots uit te leef nie.

Die groep studente wat die verfwerk gedoen het, was skaars klaar toe hulle deur kampussekuriteit gekonfronteer is oor hul verfwerk. Dit is duidelik dat hierdie as ‘n erge misdaad beskou is te oordeel aan die aantal sekuriteitsbeamptes. Tipies van die "geregtigheid" van die NSA.



Die studente het skynbaar nie eers kans gekry om hul boodskap klaar te verf nie.





Die volgende dag, is daar nog iets bygeskryf wat meer lig op die boodskap werp. Ons is nie seker of dit deur dieselfde groep studente gedoen is nie.



Dit blyk duidelik dat die boodskap iets te doen het met die aanstel van die nuwe rektor. Die mansfiguur wat hardloop tesame met die prentjie wat iets te doen het met oorsee gaan, verwys waarskynlik na prof. Callie Pistorius.

Die vrouefiguur met die sweep, wat oorname deur ‘n vrou simboliseer verwys waarskynlik na dr. Cheryl de la Rey.

Thursday, July 23, 2009

AWB was better than ANC


‘n Foto met ‘n ongehoorde stelling is besig om die rondte te doen. Dit toon ‘n groep betogende swartes wat hul misnoeë met die huidige bewind in geen onduidelike terme te kenne gee nie.

Met erkenning aan mnr. Dan Roodt

http://roodt.org/?p=37

Monday, July 20, 2009

Mites oor Madiba

Die afgelope naweek het dit weer gegons oor die "wonderlike" Madiba en sy 91ste verjaardag.

Mooi, misleidende woorde soos: "Versoening", "Vrede", "Nasiebou", "Nie-rassig", "Demokrasie" en verskeie ander is dikwels gehoor.

In sulke tye waar mens behoorlik oorspoel word deur die vloedgolf van wanpropaganda is dit noodsaaklik om op 'n paar onbetwisbare feite te let om net weer te onthou wie en wat Nelson Mandela regtig is.

Ons hoef nie iets te skryf oor die volgende nie:


http://dienuwesuidafrika.blogspot.com/2009/07/birthday-tribute-nelson-mandela-photo.html



Dit is nodig om kennis te neem dat Mandela een van die stigterslede en leiers van MK (Umkhonto we Sizwe), die militêre vleuel van die ANC, was.



http://en.wikipedia.org/wiki/Umkhonto_we_Sizwe



Let daarop dat die stingting op 16 Desember 1961 was. Om dit alles te kroon het hulle sommer met terreur afgeskop of soos hulle dit stel: “carried out planned attacks against government installations”



http://www.anc.org.za/ancdocs/history/manifesto-mk.html



of is dit tereur teen die vyand wat veronderstel is om op daardie dag die Bloedrivier Gelofte van 1838 te gedenk? Zuma se leierskapsoorname was ook op ‘n 16 Desember in "Polokwane". Is dit ‘n boodskap aan ons? Dan bestaan daar nog die vermeutelheid onder sekeres om te praat van Versoeningsdag?



Die “wonderlike” Madiba sê oor die sluipmoord op Chris Hani die volgende:

“The assassination of Chris Hani is a heinous crime against not only his person and his family, but also against the people of our country as a whole.

Those responsible for this terrible deed are demented enemies of justice, democracy and peace in our country.

It is the responsibility of the entire nation to find them and ensure that they are brought before the courts of the land to answer for this indescribable act of barbarism.”

Wie is hy om te praat van barbarisme? Waar is die moordenaars van die duisende blankes sedert 1994, toe die kastige “vrede” begin het?

“During his very last days, he has been at the forefront of the campaign to end violence in the country and to encourage a spirit of tolerance among all our people and their political organisations.

He is a martyr to the cause of justice and peace.”

Is dit hoe hul verdraagsaamheid, geregtigheid en vrede lyk?

http://censorbugbear-reports.blogspot.com/search/label/picture%20page%20Afrikaner%20crime%20victims%202008%2F9

http://www.plaasmoorde.com/

Is dit ook barbaars? Of is dit hoe hulle nasiebou en versoen?

Is opswepery soos die volgende bevorderlik vir ‘n “wonderlike nuwe Suid-Afrika”

“Over 300 years ago the white invaders began a ceaseless war of aggression against us, murdered our forefathers, stole our land and enslaved our people.

Today they still rule by force. They murder our people. They still enslave us.

Only by meeting force with force can we win back our motherland.

We have tried every way to reason with the white supremacists. For many years our leaders and organizations sent petitions and deputations to Cape Town and Pretoria, even overseas, to London and the United Nations in New York. We organized mass demonstrations, pass-burnings, peaceful stay-at-homes.

What answer was given by the government?

Strikers and demonstrators were shot in cold blood. New acts of oppression and injustice were heaped upon us. Our leaders and spokesmen were banned, gagged, jailed, banished--even murdered. Our organization, the African National Congress, was outlawed. Our meetings, journals and leaflets were prohibited.”

http://www.wsu.edu/~wldciv/world_civ_reader/world_civ_reader_2/umkhonto.html



Volg gerus die volgende skakel vir klankbane rakende Mandela:

http://www.4shared.com/dir/17919074/a6304bad/Mites_oor_Madiba.html

Baie dankie aan Radio Pretoria vir hierdie uitsendings.

http://www.radiopretoria.co.za/

‘n Insiggewende mediaverklaring van die HNP word ook aangeheg. Dit gee meer perspektief oor wat die sogenaamde “struggle” eintlik was.



Van hierdie inligting mag ‘n mens kwaad en moedeloos maak. Dit moet ons egter eerder herinner aan iets, by name ons vryheidstrewe. Laat ons dan met hernude krag streef na vryheid en selfregering in ons eie grondgebied!